15 Toe sê die Here vir my:
16 “Mens, Ek gaan jou kosbaarste skat, jou vrou wat jou soveel vreugde gebring het, van jou af wegvat. Sy sal skielik doodgaan. Maar jy mag nie vir een oomblik wys dat jy hartseer is nie. Moenie huil nie. Jy mag geen traan stort nie.
17 Jy mag sug, maar net saggies. Ook as julle haar begrawe, mag jy nie hard huil nie. Jy mag op geen manier verraai dat jou hart stukkend gebreek is deur jou vrou se dood nie. En as vriende jou wil troos of vir jou kos wil bring omdat jou vrou nie meer daar is om vir jou te sorg nie, mag jy dit nie aanvaar nie.”
18 Ek het die volgende oggend vir my mense gesê wat die Here gesê het. En daardie aand is my vrou dood. Die volgende oggend het ek alles presies gedoen soos die Here vir my gesê het om te doen.
19 Toe vra die mense vir my: “Hoekom maak jy so? Wat beteken dit wat jy doen? Wat probeer jy vir ons sê?”
20 Toe sê ek vir hulle: “Die Here het vir my gesê om met julle te praat deur wat gebeur het en wat ek gedoen het.
21 So sê die Here, die God van Esegiël, vir die volk Israel: Ek gaan toelaat dat my eie huis besoedel word. Daardie huis waar Ek gebly het en waarop julle so trots was. Julle kon daar gaan skuil. Julle seuns en julle dogters in Judea sal ook deur die swaard doodgemaak word.