7 Almal kan duidelik sien hoe sleg die stad is. Die mense van die stad pleeg moord en was nie eens die bloed af nie. Die stad probeer nie eens haar slegte dade wegsteek nie.
8 Daarom sal Ek haar bloed ook so laat spat dat enigeen dit sal kan sien. Ek gaan dit doen omdat Ek kwaad is oor wat julle gedoen het en wraak gaan neem daaroor.”
9 So sê die Here, die God van Esegiël: “Jerusalem gaan verwoes word, want dit is ’n stad vol mense wat ander doodmaak. Ek sal self die vuur pak wat onder die pot sal brand.
10 Ja, gee vir My hout aan! Laat die vuur brand sodat die pot kan kook. Kook die vleis saam met baie speserye. Maak dan die pot leeg en los die bene daarin sodat dit in die pot vasbrand.
11 Sit dan die leë pot op die vuur sodat dit kan skoon brand.
12 Wat gebeur? Die pot word nie skoon nie. Hy bly vuil. Dis hopeloos om te dink die vuur sal hom skoon brand.
13 Net so is dit met al julle slegte dade en julle aanbidding van die afgode. Ek het probeer om julle skoon te maak. Maar julle het hardkoppig geweier. Daarom sal julle vuil bly tot Ek my woede oor julle afgekoel en julle gestraf het.