7 Daarom lig Ek my vuis teen julle op en slaan julle plat. Ek gee julle as buit vir ander nasies om mee te maak wat hulle wil. Julle sal nie meer ’n nasie wees nie. Ek vernietig julle heeltemal. Dan sal julle weet en erken dat Ek die Here is.”
8 Toe sê die Here, die God van Esegiël: “Die mense van Moab het gesê Juda is maar net soos al die ander nasies. Daar is geen verskil tussen my volk en die heidene nie.
9 Daarom sal Ek al die stede aan julle oostekant en op julle grens vernietig, want julle het gedink dat daardie stede julle sal beskerm.
10 Ek gee julle land vir die inwoners van die woestyn aan die oostekant, nes Ek met Ammon gemaak het. Daarom sal die Ammoniete nie langer ’n nasie wees nie.
11 En julle sal ook nie langer as ’n nasie bestaan nie, want Ek vernietig julle. Ek straf julle vir wat julle gedoen het. Dan sal julle weet en erken dat Ek die Here is.”
12 So sê die Here, Esegiël se God: “Die mense van Edom het sleg opgetree toe hulle wraak geneem het op die mense van Juda, toe die Babiloniërs die mense van Juda verslaan het.
13 “Daarom,” sê die Here, die God van Esegiël, “gryp Ek Edom aan sy keel. Ek slaan hom met die vuis. Ek roei sy mense uit, en sy vee. Ek stuur die swaard teen die land. Daar sal net een groot puinhoop oorbly, van die noorde van die land af tot in die suide.