17 Ook Juda en Israel het met jou handel gedryf. Hulle het jou ware verruil vir hulle koring, vir vye en heuning, olyfolie en balsemgom.
18 Damaskus was ook ’n agent wat vir jou besigheid gedoen het. Jy het jou produkte verkoop vir wol en wyn.
19 Die mense van Dan en tot so ver as Griekeland het hulle yster, kaneel en medisyne gebring en daarmee betaal vir wat jy verkoop het.
20 Die mense van Dedan het weer met duur komberse betaal wat jy onder jou perdesale gesit het.
21 Die Arabiere en die regeerders van Dedan het jou betaal met lammers en skape, asook bokramme.
22 En die mense van Skeba en Rama het betaal met gom en edelstene en goud.
23 Die mense van Haran en Eden, Assirië en Kilmad het ook met jou besigheid gedoen.