19 Die mense van Dan en tot so ver as Griekeland het hulle yster, kaneel en medisyne gebring en daarmee betaal vir wat jy verkoop het.
20 Die mense van Dedan het weer met duur komberse betaal wat jy onder jou perdesale gesit het.
21 Die Arabiere en die regeerders van Dedan het jou betaal met lammers en skape, asook bokramme.
22 En die mense van Skeba en Rama het betaal met gom en edelstene en goud.
23 Die mense van Haran en Eden, Assirië en Kilmad het ook met jou besigheid gedoen.
24 Hulle het weer mooi klere en materiaal en tou gebruik om jou te betaal vir die goed wat jy gemaak het.
25 Skepe wat van Tarsis gekom het, het jou ware opgelaai en aan ander lande gaan verkoop.