2 “Mens, jy moet die volgende lied sing asof jy die begrafnis van Tirus bywoon.
3 Tirus is die stad wat aan die kus lê. Al die volke wat iets wil verkoop, moet hulle handelsware deur Tirus neem. Jy het ook jou eie ware aan die mense van hierdie eiland gaan verkoop. Jy moet nou vir Tirus sê die Here, Esegiël se God, dink só oor hom: Jy het gedink jy is baie goed en baie ryk, Tirus.
4 Jy het gedink jou grense strek selfs oor die see. Jy het jouself gesien soos ’n groot, sterk skip wat op die see vaar.
5 Jy was soos ’n groot skip wat van die beste hout gebou was. Hulle het ’n sederboom van Libanon, my berg, gebruik om vir jou ’n mas te maak.
6 En hulle het vir jou roeispane gemaak van die eikebome wat by Basan groei. Hulle het jou dek van sipreshout gebou wat van die kus van Siprus af kom. En kan jy dit glo? Hulle het duur ivoor gebruik om jou dek te versier!
7 Hulle het die beste materiaal gebruik om seile van te maak. Mense het hierdie skip uitgeken aan sy seile wat van baie kleure geweef was. Hulle het jou seile pers en rooi gemaak sodat almal jou van ver af kon raaksien.
8 “Die roeiers op jou skip het van Sidon en Arwad gekom. Die ander mense wat op die skip gewerk het, het van Tirus self gekom.