29 Die mense wat op jou skepe geroei het, het oorboord gespring, so groot het hulle geskrik. Die soldate en die matrose het op die kaai gaan staan.
30 Hulle staan daar en huil. Hulle treur omdat hulle hartseer is omdat Ek jou vernietig het.
31 Hulle maak hulle reg vir jou begrafnis. Hulle trek begrafnisklere aan.
32 Op pad na jou graf toe sing hulle ’n lied. Hulle sê: ‘Was daar al ooit so ’n wonderlike stad soos Tirus! En nou lê hy op die bodem van die see. Hy het vergaan.’
33 “Die goed waarmee jy besigheid gedoen het, het na al die lande rondom jou gegaan. Jy het konings oor die hele wêreld ryk gemaak met al die goed waarmee jy besigheid gedoen het.
34 “En wat is jy nou? ’n Skip wat gesink het. Jy lê op die bodem van die see. Jy is verwoes! Al die goed waarmee jy besigheid gedoen het en al jou mense het verdwyn. Daar is niks oor nie.
35 “Almal wat langs die kus rondom jou woon, staan verstom oor wat met jou gebeur het. Die konings kan hulle oë nie glo nie. Hulle kyk, maar kan nie glo wat hulle sien nie.