23 Ek stuur ’n plaag teen jou. Jy sal doodgaan en jou bloed sal op jou strate lê. Jy sal van alle kante aangeval word. Jou mense sal dood binne-in die stad rondlê. Dan sal almal weet en erken dat Ek die Here is.
24 Jy was Israel se buurman, maar jy was ook nog altyd ’n vyand van hom. Nou sal dit nie meer so wees nie. Jy sal nie meer vir Israel verpes nie. Dan sal almal weet en erken dat Ek die Here is.
25 “Want,” so sê die Here, die God van Esegiël, “daardie dag sal Israel weer in sy eie land bly. Dit is die land wat Ek vir Jakob gegee het. Hy het My gedien as God. Ek sal my volk bymekaarmaak waar hulle as gevangenes in ’n vreemde land bly. Ek het hulle daarheen laat gaan omdat Ek hulle gestraf het. Die dag as dit gebeur, sal al hierdie nasies sien wie Ek is as Ek my volk terugbring.
26 Dan sal Israel veilig in hulle eie land bly. En hulle sal huise bou en wingerde plant. Dan sal Ek al die nasies wat Israel se bure is, straf. Want Israel se bure het hom sleg behandel. Daardie dag sal Israel weet dat Ek die Here hulle God is.”