5 Ja, jou slimheid het jou ryk gemaak. Maar toe word jy trots omdat jy so skatryk is.
6 “Daarom,” sê die Here, Esegiël se God, “omdat jy gedink het jy is slimmer as Ek,
7 bring Ek ’n klomp vyande om teen jou te veg. Ek roep al die nasies nader om jou vyand te word. Hulle sal skielik op jou toesak en jou met hulle oorlogswapens op jou knieë bring. Jy sal onkant betrap word, al is jy so slim en ryk!
8 En hierdie vyande van jou sal jou doodmaak, sonder om genade te bewys. Jy sal daar in jou huis op die eiland doodgemaak word. Jy bly mos in die middel van die see; daarom het jy gedink jy is veilig. Jy sal van jou baie wonde doodgaan.
9 En sal jy dan nog kan spog dat jy ’n god is? Sal jy vir jou vyande wat jou doodmaak, vertel dat hulle nie met ’n gewone mens te doen het nie, maar met ’n god? Hulle sal sien wat jy is: ’n gewone mens wat doodgaan soos enige ander mens.
10 Ja, jy sal doodgaan soos iemand wat weggedryf is uit die geselskap van mense. Vreemde mense wat jy nie ken nie, sal jou doodmaak. Dit is my woord oor jou. Ek is die Here, die God van Esegiël.”
11 Toe praat die Here verder met my. Hy sê: