5 Ek gooi jou en al jou visse dan in die woestyn neer sodat julle daar kan doodgaan. Niemand sal eers moeite doen om jou te begrawe nie. Die wilde diere en die voëls sal aan jou vreet terwyl jy in die oop veld lê.
6 “Daardie dag sal al die mense wat in Egipte bly, ontdek dat Ek die Here is. Ek doen hierdie goed aan jou, want toe Israel jou hulp gevra het, het jy geweier om te help.
7 Toe hy op jou gesteun het, het jy soos ’n riet in sy hand gebreek en hom beseer. Toe hy sy volle gewig op jou sit, het jy onder hom padgegee. Hy het sy rug seergemaak, so hard het hy geval.
8 “Daarom,” sê die Here, die God van Esegiël, “stuur Ek nou ’n hele leërmag soldate teen jou, Egipte. Ek laat hulle jou en al die diere in jou vernietig.
9 Die land van Egipte sal een groot ruïne word. Niks en niemand sal daar bly nie. Ek doen dit sodat die mense wat in Egipte bly, sal besef dat Ek die Here is.“Jy het gesê: ‘Die Nyl is myne. Ek het hom gemaak!’
10 Daarom word Ek jou vyand, en vernietig Ek ook jou rivier. Ek sal die hele land van Egipte verwoes, van die noorde tot die suide toe. Ek sal tot diep in Afrika alles verwoes, so kwaad is Ek vir jou, Egipte.
11 Vir ’n baie lang tyd sal niemand eers deur hierdie land trek nie. Geen mens of dier sal hier kom nie omdat hier niks is nie.