14 Die riviere van Egipte sal dan kalm word. Hulle sal soos olie vloei, sonder dat iemand dit versteur,” sê die Here, Esegiël se God.
15 “Daardie dag verwoes Ek jou land. Niemand sal bly leef nie. Ek maak alles en almal dood. Dan sal jy weet en erken dat Ek die Here is.
16 Al die mense sal by jou begrafnis sing. Hulle sal sing omdat Egipte en al sy mense dood is,” sê die Here, die God van Esegiël.
17 Op die sewentiende Maart van daardie jaar het die Here verder met my oor Egipte gepraat.
18 “Mens, huil oor die mense van Egipte. Maar huil ook oor die mense van die ander nasies, want Ek laat hulle almal doodgaan. Hulle sal binnekort in die graf wees saam met al die ander mense wat alreeds dood is.
19 Sê vir hulle: Egipte, is jy dalk beter as die ander nasies? Nee! Daarom gooi Ek jou op die grond. Jy lê in die graf saam met die ander nasies wat Ek ook gestraf het.
20 Egipte gaan dood in die oorlog wat Ek stuur. Egipte het in die hof beland oor sy slegte dade, en Ek oordeel hom.