16 Al die mense sal by jou begrafnis sing. Hulle sal sing omdat Egipte en al sy mense dood is,” sê die Here, die God van Esegiël.
17 Op die sewentiende Maart van daardie jaar het die Here verder met my oor Egipte gepraat.
18 “Mens, huil oor die mense van Egipte. Maar huil ook oor die mense van die ander nasies, want Ek laat hulle almal doodgaan. Hulle sal binnekort in die graf wees saam met al die ander mense wat alreeds dood is.
19 Sê vir hulle: Egipte, is jy dalk beter as die ander nasies? Nee! Daarom gooi Ek jou op die grond. Jy lê in die graf saam met die ander nasies wat Ek ook gestraf het.
20 Egipte gaan dood in die oorlog wat Ek stuur. Egipte het in die hof beland oor sy slegte dade, en Ek oordeel hom.
21 Die sterk leiers van die nasies wat Ek reeds doodgemaak het en wat nou in die graf lê, sê: ‘Welkom, Egipte! Julle het nou julle verdiende loon gekry. Julle lê nou tussen ons almal wat deur die Here vernietig is. Ons is almal in die oorlog doodgemaak.’
22 “Assirië lê daar. Rondom hom is die grafte van al sy mense. Hulle is in die oorlog doodgemaak.