23 Toe het die Here my beveel wat om te sê.
24 “Mens, almal wat tussen die stede van Juda bly wat in puin lê, sê: ‘Die land is ons s’n. Abraham was net een mens, en die Here het die hele land vir hom gegee. Ons is tog baie meer as hy. Die land is nou ons eiendom!’
25 “Sê vir hulle die Here, die God van Esegiël, sê: Julle hou aan om my voorskrifte te verwerp. Julle eet julle vleis op maniere wat Ek beveel het julle nie mag nie. Julle offer saam met die mense van ander nasies aan hulle afgode. En julle hardloop na die afgode toe as julle hulp nodig het. Julle maak mense dood wat onskuldig is. En nou eis julle dat Ek hierdie land vir julle moet gee? Julle wil my land vir julleself hê?
26 Julle is ’n klomp moordenaars! Julle buig voor afgode! Julle slaap by ander mans se vroue! Moet Ek dan nou hierdie land vir julle gee?
27 “Sê vir hierdie spul mense wat die Here, die God van Esegiël, van hulle dink: So seker as wat Ek leef, julle sal daar tussen julle stede wat net bouvalle is, doodgemaak word. Ek sorg dat julle in die oorlog doodgaan. As iemand in die oop veld bly, sal die wilde diere hom vang en opvreet. Daardie mense wat in grotte en ander veilige plekke probeer wegkruip, sal van siektes doodgaan.
28 Ek sal julle land vernietig. Julle sal niks oorhê waarop julle trots kan wees nie. Julle het gedink julle is so sterk. Daarvan sal niks oorbly nie. Ek breek selfs jou berge af sodat niemand meer oor die berge hoef te trek nie. Jou land sal gelyk soos die see wees as Ek daarmee klaar is. Ek straf selfs jou land oor jou slegte dade.
29 Daardie dag as Ek jou land in ’n bouvallige ruïne verander het, sal hulle weet dat Ek die Here is.