1 Die Here het toe weer met my gepraat.
2 “Mens, kyk in die rigting van die berg Seïr. Dit is die land waar die mense van Edom bly. Sê vir hierdie mense die Here, die God van Esegiël, dink só oor hulle.
3 Jy moet vir hulle sê: Ek is jou vyand, Seïrberg. En Ek is ’n gedugte vyand! Ek slaan jou met die vuis tot daar niks van jou oorbly nie.
4 Ek vee jou stede plat. Ek maak jou land ’n woestyn waarin niks kan lewe nie. Dan sal jy weet dat Ek die Here is.
5 Want jy het nie opgehou om my volk, Israel, te haat nie. Toe hulle vyande hulle agtervolg het, het julle vir hulle gelê en wag. Julle het hulle voor die voet doodgemaak. Jy het dit gedoen aan hulpelose, desperate mense. Ek het my volk gestraf oor hulle slegte dade. En toe Ek klaar was daarmee, het jy aangehou om hulle dood te maak.
6 So seker as wat Ek leef,” sê die Here, die God van Esegiël, “Ek maak julle dood. Julle het nie geskrik vir die mense van Israel se bloed nie. Julle sal julle eie bloed sien spat. Dis nou julle beurt om doodgemaak te word!