5 Want jy het nie opgehou om my volk, Israel, te haat nie. Toe hulle vyande hulle agtervolg het, het julle vir hulle gelê en wag. Julle het hulle voor die voet doodgemaak. Jy het dit gedoen aan hulpelose, desperate mense. Ek het my volk gestraf oor hulle slegte dade. En toe Ek klaar was daarmee, het jy aangehou om hulle dood te maak.
6 So seker as wat Ek leef,” sê die Here, die God van Esegiël, “Ek maak julle dood. Julle het nie geskrik vir die mense van Israel se bloed nie. Julle sal julle eie bloed sien spat. Dis nou julle beurt om doodgemaak te word!
7 Die Seïrberg sal ’n woestyn word. Ek maak elkeen dood wat dink hy kan ontsnap. En elkeen wat wil terugkom, maak Ek ook dood.
8 Jou berge sal vol lyke lê. Waar jy kyk, op die heuwels en in die valleie en langs die riviere, sal daar net lyke wees.
9 Ja, Ek maak jou ’n woestyn, vir altyd. Niemand sal jou stede herbou nie. Dan sal hulle weet dat Ek die Here is.
10 “Julle het mos gesê: ‘Israel en Juda is nou uit hulle lande verdryf. Hulle is gevangenes in ver lande. Hulle lande word nou ons eiendom. Wat maak dit saak dat die Here daar is? Ons steur ons nie aan Hom nie!’
11 “So seker as wat Ek leef,” sê die Here, die God van Esegiël, “luister mooi: Ek betaal jou met gelyke munt terug vir wat jy gedoen het. Jy het Israel gehaat. Jy het hom sleg behandel. Ek straf jou daarom vir die slegte dade wat jy gedoen het omdat jy kwaad was vir my volk. Die dag as Ek jou straf, sal jy weet wie Ek is.