19 Ek het hulle onder baie nasies verstrooi. Omdat hulle slegte dade bly doen het, het die nasies hulle as gevangenes weggeneem om in ver lande te gaan bly.
20 En weet jy wat doen hulle toe in die vreemde lande waarheen Ek hulle weggejaag het? Hulle het doodgewoon net aangehou met hulle slegte dade. Die nasies het gesê: ‘Die Here, die God van Israel, kon nie sy volk beskerm nie. Hulle was sy volk, maar Hy was nie in staat om hulle teen die Babiloniërs te beskerm nie.’
21 Toe Ek dit hoor, het Ek besef dat die ander nasies My nie erken vir wie Ek is nie. Ek moes iets daaraan doen.”
22 Daarom, sê vir Israel die Here, Esegiël se God, belowe: “Ek bring julle terug na julle eie land toe. Maar dit is nie omdat julle dit verdien nie. Ek doen dit sodat die nasies My sal raaksien vir wie Ek is. Julle het niks gedoen om vir die nasies tussen wie julle as gevangenes gebly het, te wys wie Ek is nie.
23 Ek sal vir julle wys wie Ek regtig is. Julle sal die Een sien wat julle nie wou aanbid terwyl julle gevangenes in die vreemde land was nie. Wanneer Ek Myself vir julle wys soos Ek is, sal die ander nasies erken dat Ek die Here is. Want hulle sal My ook sien.” So sê die Here, die God van Esegiël:
24 “Ek sal julle wys wie Ek is daardie dag as Ek julle bymekaarmaak waar julle tussen die nasies as gevangenes bly. Ek sal julle na julle eie land toe bring.
25 Daardie dag sal Ek julle skoonmaak. Dan sal julle regtig skoon wees, vir die eerste keer. Ek sal al die slegte dade van julle afwas, en julle sal nie meer voor die afgode buig en offers aan hulle bring nie.