8 Terwyl ek nog kyk, het vleis en spiere gevorm wat om die bene gaan sit het. Toe het vel bo-oor elke liggaam gevorm. Maar al die liggame het leweloos op die grond bly lê.
9 Toe sê die Here vir my: “Praat met die wind. Sê: So sê die Here, die God van Esegiël: Kom, wind, kom uit die vier rigtings van die aarde! Blaas in hierdie dooie liggame sodat hulle lewendig kan word!”
10 Ek het gedoen soos die Here my beveel het. Die volgende oomblik het die wind oor die liggame gewaai, en die liggame het begin asemhaal. Hulle het almal lewendig geword. Die skare liggame wat lewendig geword het, het op hulle voete gaan staan.
11 Toe sê die Here vir my: “Mens, Israel is soos hierdie bene. My volk sê: ‘Ons het soos ou, droë, dooie bene geword. Ons het geen hoop in die lewe meer oor nie!’
12 “Sê nou vir my volk die Here, die God van Esegiël, sê: My volk, Ek haal julle uit die graf waarin julle beland het toe julle as gevangenes weggevoer is na vreemde lande. Dit sal wees asof Ek julle uit die dood laat opstaan. Want Ek sal julle daar gaan haal en terugbring na julle eie land. Julle sal weer in Israel bly.
13 Wanneer dit gebeur, sal julle erken dat Ek die Here is, my volk.
14 Dan sal my Gees die wind wees wat Ek oor julle laat waai. Julle sal weer lewe en terugkom huis toe, na julle eie land toe. Dan sal julle weet dat Ek die Here is, as julle sien dat Ek alles presies gedoen het soos Ek belowe het.” Dit is Ek, die Here, wat gepraat het.