1 “Mens, sê vir Gog die Here, Esegiël se God, sê: Ek het jou vyand geword. Jy regeer oor Mesek en Tubal.
2 Ek draai jou om sodat jy in ’n ander rigting sal loop. Ek dryf jou na die berge van Israel. Ek lei jou uit jou land uit sodat jy in Israel se land aankom.
3 Daar slaan Ek jou wapens uit jou hande uit. Jy sal hulpeloos daar staan.
4 Jy en al jou soldate sal daar, op die berge van Israel, doodgemaak word. Ek gee julle lyke vir die aasvoëls en die wilde diere. Hulle sal julle lyke opvreet.
5 Ja, julle lyke sal oral rondlê, ook op die oop veld.
6 Dan sal Ek vuur laat val op die mense van Magog en op al sy bondgenote wat veilig by die huis agtergebly het, daar langs die kus. Hulle sal ook weet dat Ek die Here is.