32 Daarna het die man my na die oostekant toe geneem, na die ingang daar. Hy het hierdie ingang gemeet. Dit was net so groot soos die ander ingange.
33 Die kamers en die mure en die ingangsportaal was ook net so groot soos in die ander ingange. Die gebou en die ingangsportaal het ook vensters gehad. Dit was ook 25 meter lank en twaalf en ’n half meter wyd.
34 Die gebou het ook ’n ingangsportaal na die buitekant toe gehad. Teen die mure was daar tekeninge van palmbome. ’n Mens moes agt trappe klim om by die ingang te kom.
35 Daarna het die man met my na die noordekant toe gegaan en dit gemeet. Dit was presies net soos die ander drie ingange.
36 Daar was ook kamers en mure en ingangsportale, en vensters reg rondom. Die gebou was 25 meter lank en twaalf en ’n half meter wyd.
37 Sy ingangsportaal was na die buitekant toe, met palmbome teen die mure geverf en agt trappe waarteen jy moet opklim.
38 Daar was ’n ekstra vertrek wat hier gebou is met ’n opening na die ingangsportaal. Hier is die brandoffers afgespoel wat op die altaar verbrand is.