Esegiël 42:11-17 DB

11 met ’n gang voor hulle net soos voor die kamers aan die noordekant. Die kamers was net so lank en so breed as dié aan die noordekant, en hulle afmetings

12 was net soos dié van die kamers aan die noordekant. Daar was ook ’n ingang aan die punt van die gang, aan die oostekant wanneer ’n mens ingaan.

13 Die man het vir my gesê: “Niemand mag in hierdie kamers noord en suid van die oop area voor die huis van die Here kom nie. Dit is slegs daar vir die mense wat in die huis van die Here werk. Net hulle mag dit gebruik. Dit is hulle eetplek. Daar sit hulle die offers neer wat hulle op die altaar bring, offers van meel en ander offers wat hulle bring om mense se slegte dade vergewe te kry. Niemand mag hier kom wat nie hier hoort nie.

14 Wanneer die mense wat hier werk, hier ingekom het, mag hulle nie weer hier uitgaan na die buitenste ingang nie. Hulle moet eers die klere waarin hulle gewerk het, uittrek. Selfs die klere wat hulle gedra het, mag slegs in die diens aan die Here gebruik word. Hulle moet eers ander klere aantrek. Daarna kan hulle na die ander plekke toe gaan wat vir die ander mense bedoel is.”

15 Die man was toe klaar met sy afmetings van die huis van die Here se binnekant. Toe het hy my by die hek van die huis van die Here uitgeneem wat oos gekyk het. Ek het gesien dat hy die mure buite-om die huis van die Here meet.

16 Eers het hy die oostekant gemeet. Die muur hier was 250 meter lank.

17 Toe meet hy die muur aan die noordekant, en dit was ook 250 meter lank.