14 Wanneer die mense wat hier werk, hier ingekom het, mag hulle nie weer hier uitgaan na die buitenste ingang nie. Hulle moet eers die klere waarin hulle gewerk het, uittrek. Selfs die klere wat hulle gedra het, mag slegs in die diens aan die Here gebruik word. Hulle moet eers ander klere aantrek. Daarna kan hulle na die ander plekke toe gaan wat vir die ander mense bedoel is.”
15 Die man was toe klaar met sy afmetings van die huis van die Here se binnekant. Toe het hy my by die hek van die huis van die Here uitgeneem wat oos gekyk het. Ek het gesien dat hy die mure buite-om die huis van die Here meet.
16 Eers het hy die oostekant gemeet. Die muur hier was 250 meter lank.
17 Toe meet hy die muur aan die noordekant, en dit was ook 250 meter lank.
18 En toe meet hy die muur aan die suidekant, en dit was ook 250 meter lank.
19 Daarna het hy omgegaan na die westekant toe en die muur daar gemeet, en dit was ook 250 meter.
20 Hy het die muur rondom gemeet aan al vier kante. Die lengte was 250 meter en die breedte 250 meter. Die muur was die grens tussen die area wat aan die huis van die Here behoort het en die wêreld daarbuite.