4 Voor elke ry kamers was daar ’n gang wat vyf meter breed en 50 meter lank was. Die ingange van die gange was aan die noordekant.
5 Die kamers bo was kleiner as dié wat onder was. Die boonste kamers was kleiner as die kamers net daaronder.
6 Die kamers was in drie verdiepings gebou. Hulle het nie op pilare gerus soos die ander kamers nie. Daarom was die boonste kamers kleiner as dié reg onder hulle.
7 Daar was ’n muur voor hierdie gebou al langs die buitekant. Die muur was 25 meter lank.
8 Die lengte van die kamers was teen die een kant 25 meter, maar aan die kant van die huis van die Here was dit 50 meter.
9 Die toegang na die onderste kamers toe was aan die oostekant.
10 Daar was ook kamers teen die muur van die buitenste ingang, aan die suidekant teen die oop area voor die huis van die Here. Daar was kamers teen die muur