18 Toe sê die man met die liniaal vir my: “Mens, die Here my God sê dat jy vir die volk moet sê die dag as hierdie altaar klaar gebou is, moet die mense wat in my huis werk, ’n bul daarop offer vir al die slegte dade wat hulle gedoen het.
19 Net hierdie mense, die kleinkinders van Sadok, mag by die altaar kom. Net hulle mag hier werk, sê die Here, Esegiël se God.
20 Hulle moet van die bul se bloed vat en aan die vier horings van die altaar smeer. Ook aan die vier hoeke van die boonste vlak van die altaar moet jy bloed smeer, en teen die sykante daarvan reg rondom. So maak jy die altaar skoon en mag jy daarop offers vir My bring.
21 As jy klaar is hiermee, moet jy die bul verbrand. Daar is ’n spesiale plek hiervoor buitekant my huis.
22 Die volgende dag moet jy ’n bokram wat nie sieklik of gebreklik is nie, offer vir die slegte dade wat julle gedoen het. Dan moet jy weer die bloed aan die altaar smeer net soos die vorige dag.
23 As jy klaar is hiermee, moet jy ’n bul en ’n ram as offers bring. Hulle mag nie gebreklik wees nie.
24 Die mense wat hier werk, moet sout op die vleis gooi. Dan moet hulle dit voor My offer.