20 Hulle moet van die bul se bloed vat en aan die vier horings van die altaar smeer. Ook aan die vier hoeke van die boonste vlak van die altaar moet jy bloed smeer, en teen die sykante daarvan reg rondom. So maak jy die altaar skoon en mag jy daarop offers vir My bring.
21 As jy klaar is hiermee, moet jy die bul verbrand. Daar is ’n spesiale plek hiervoor buitekant my huis.
22 Die volgende dag moet jy ’n bokram wat nie sieklik of gebreklik is nie, offer vir die slegte dade wat julle gedoen het. Dan moet jy weer die bloed aan die altaar smeer net soos die vorige dag.
23 As jy klaar is hiermee, moet jy ’n bul en ’n ram as offers bring. Hulle mag nie gebreklik wees nie.
24 Die mense wat hier werk, moet sout op die vleis gooi. Dan moet hulle dit voor My offer.
25 So moet jy sewe dae lank elke dag ’n bok- en ’n skaapram verbrand vir die slegte dade wat julle gedoen het. Hulle mag nie gebreklik wees nie.
26 Sewe dae lank moet jy dit doen sodat die altaar daarna gereed kan wees om in my huis gebruik te word. Hierdie altaar mag slegs vir diens aan My gebruik word.