1 Die man wat die huis van die Here gemeet het, het my weer na die ingang aan die oostekant gebring. Die ingang was gesluit.
2 Toe sê die Here vir my: “Hierdie ingang mag onder geen omstandighede oopgesluit word nie. Niemand mag hier ingaan of uitgaan nie. Die deur wat gesluit is, moet die mense herinner dat Ek, die Here, Israel se God, hierdeur gekom het toe Ek weer by my huis ingetrek het. Die ingang mag nooit oopgesluit word nie.
3 Die een wat oor hierdie volk regeer, mag in die ingangsportaal gaan sit om te eet, voor My. Maar hy mag nie deur die ingang gaan nie. Hy moet omloop en ’n ander ingang gebruik.”
4 Die man het my toe na die ingang aan die noordekant van die huis van die Here gevat. Toe ek daar kom, sien ek die Here is in sy huis. Ek het weer op my gesig voor die Here neergeval.
5 Toe sê Hy vir my: “Mens, luister nou baie mooi. Ek gaan vir jou sê wat ’n mens in my huis mag doen, en wat nie. Ek gaan ook vir jou sê wie hier mag inkom en wie nie.
6 Jy moet vir hierdie volk wat aanhoudend teen My opstandig is, gaan vertel wat Ek vir jou sê. Sê vir hulle: Ek het nou net mooi genoeg gehad van al julle slegte dade, volk van Israel!