Esegiël 44:6-12 DB

6 Jy moet vir hierdie volk wat aanhoudend teen My opstandig is, gaan vertel wat Ek vir jou sê. Sê vir hulle: Ek het nou net mooi genoeg gehad van al julle slegte dade, volk van Israel!

7 Julle het mense wat nie deel van my volk is nie, in my huis ingebring. Hulle is ’n spul mense wat niks vir My voel nie. So het julle my huis besoedel terwyl julle offers gebring het. En so het julle die ooreenkoms verbreek wat Ek met julle gesluit het. Dit was bo en behalwe al die ander slegte dinge wat julle gedoen het.

8 Julle het nie in die huis van die Here gemaak soos Ek julle beveel het om te doen nie. Julle het selfs vreemdelinge gehuur om in my huis te werk.”

9 Nou sê die Here, Esegiël se God: “Geen vreemdeling sal weer in my huis mag kom nie. Nie eens die vreemdelinge wat tussen my volk bly, sal hier inkom nie. As hulle nie aan My behoort en vir My lief is nie, is hulle nie welkom nie.

10 Baie van die mense wat in my huis gewerk het, het gedros toe die res van die volk afgode begin dien het. Hulle het saam voor die afgode gaan buig. Nou moet hulle maar die gevolge van hulle slegte dade dra.

11 Hulle mag by die ingang van my huis wagstaan en my huis oppas. En hulle mag die diere slag wat die mense bring om aan My te offer.

12 Maar hulle het mos my volk aangemoedig om afgode te aanbid. Israel het slegte dinge gedoen. Daarom belowe Ek nou dat hulle nooit weer in my huis mag dien nie. Hulle moet die gevolge dra van die slegte dinge wat hulle gedoen het,” sê die Here, die God van Esegiël.