12 Hou op om mense in te loop.”
13 “As julle belasting aan die staat betaal, moet julle eerlik wees. Gee die regte bedrag.
14 Moenie ’n kans vat en lieg nie.
15 Betaal julle belasting deur een uit elke 200 van julle skape en bokke na my huis te bring. Bring ook die ander offers wat Ek van julle vra vir julle sondes,” sê die Here, die God van Esegiël.
16 “Niemand word verskoon nie. Almal moet die regte belasting aan die regeerder van Israel oorbetaal.
17 Van die regeerder vra Ek dat hy ook sekere offers vir my huis sal bring op die dae wanneer die volk feesvier. Dis sy verantwoordelikheid om die offers te bring as versoening vir Israel se slegte dade.”
18 Die Here, Esegiël se God, sê verder: “Op Nuwejaarsdag moet die mense wat in die huis van die Here werk, ’n bul vat. Hy mag nie gebreklik wees nie. Met die bul se bloed moet hulle my huis rein maak.