16 en verder deur Hamat en Berota, verby Sibrajim tussen die grond wat aan Damaskus en Hamat behoort, en Middel-Gaser wat op die grens van Gauran lê.
17 Die grens van julle land kom van die see af tot by Gasar-Enan, met die gebiede van Damaskus en Hamat noord daarvan. Dit is die noordgrens.
18 “Die grens aan die oostekant is van Gauran en Damaskus af, tussen Gilead en Israel met die Jordaan langs, en dan moet julle die grens aan die oostekant van die Dooie See trek. Dit is die oosgrens.
19 “Aan die suidekant loop die grens eers suid van Tamar af tot by die waters van Meriba-Kades, dan met die spruit langs tot teen die Middellandse See. Dit is die suidgrens.
20 “Aan die westekant is die grens die Middellandse See, van die suidgrens af tot regoor Lebo-Hamat. Dit is die wesgrens.
21 “Elke stam in Israel moet ’n gebied kry wat net so groot is as die gebied wat elke ander stam gekry het.
22 Wanneer julle moet besluit oor wie watter gebied kry, moet julle loot om te bepaal wie kry wat. As daar immigrante onder julle bly, en hulle is al ’n geslag lank by julle, moet julle ook vir hulle grond gee. Julle moet hierdie mense behandel asof hulle saam met julle burgers van julle land is.