17 Jy moet aan al vier kante ’n strook van 125 meter los waarop julle niks mag bou nie.
18 Buite die stad moet jy ’n gebied los waarop boere hulle vee kan laat wei. Hierdie gebied moet vyf kilometer na die oostekant en vyf kilometer na die westekant van die stad lê, al langs die grond wat jy vir My eenkant gesit het. Hier moet die grond bewerk word sodat die mense wat in die stad bly, genoeg kan hê om te eet.
19 Die mense uit al die verskillende stamme van Israel wat gekom het om in die stad te werk, mag hierdie grond bewerk.
20 Hierdie hele gebied, wat die area insluit wat vir My eenkant gesit is, en die gebied waarop die stad gebou is, sal twaalf en ’n half kilometer by twaalf en ’n half kilometer wees.
21 “Die grond wat oorbly aan die oostekant en aan die westekant van hierdie area moet julle vir die regeerder gee om daarop te maak wat hy wil.
22 Hierdie stuk grond loop tot by die oosgrens van die land en weswaarts tot by die see en lê tussen die gebied van Juda en dié van Benjamin.
23 “Die res van die grond moet aan die stamme gegee word wat oorbly. Elkeen van hulle moet ook ’n strook van die oosgrens af tot by die wesgrens kry. Benjamin se grondgebied lê suid van die regeerder van die land se grond.