2 Aser se gebied is suid van dié van Dan en loop ook van oos na wes.
3 Naftali se gebied is suid van Aser, ook van oos na wes.
4 Manasse se gebied is suid van Naftali.
5 Suid van Manasse se gebied is Efraim,
6 en dan Ruben, en dan
7 Juda. Hulle almal se grense strek van die oostekant tot die westekant van die land.
8 “Suid van Juda se gebied is die stuk grond wat julle eenkant moet sit wat aan My behoort. Hierdie stuk grond moet twaalf en ’n half kilometer breed wees en net so lank as die ander stroke, van die oostelike tot by die westelike grens. Die huis van die Here moet in die middel van hierdie gebied wees.