21 “Die grond wat oorbly aan die oostekant en aan die westekant van hierdie area moet julle vir die regeerder gee om daarop te maak wat hy wil.
22 Hierdie stuk grond loop tot by die oosgrens van die land en weswaarts tot by die see en lê tussen die gebied van Juda en dié van Benjamin.
23 “Die res van die grond moet aan die stamme gegee word wat oorbly. Elkeen van hulle moet ook ’n strook van die oosgrens af tot by die wesgrens kry. Benjamin se grondgebied lê suid van die regeerder van die land se grond.
24 Suid van Benjamin se grondgebied lê dié van Simeon.
25 Langsaan is die grondgebied van Issaskar, wat ook nes al die ander gebiede van die oostelike grens af tot by die westelike grens strek.
26 Dan kom die gebied van Sebulon.
27 Die gebied van Gad is suid van dié van Sebulon met dieselfde grense na die ooste- en westekant toe.