4 Manasse se gebied is suid van Naftali.
5 Suid van Manasse se gebied is Efraim,
6 en dan Ruben, en dan
7 Juda. Hulle almal se grense strek van die oostekant tot die westekant van die land.
8 “Suid van Juda se gebied is die stuk grond wat julle eenkant moet sit wat aan My behoort. Hierdie stuk grond moet twaalf en ’n half kilometer breed wees en net so lank as die ander stroke, van die oostelike tot by die westelike grens. Die huis van die Here moet in die middel van hierdie gebied wees.
9 Hierdie stuk grond moet twaalf en ’n half kilometer lank en vyf kilometer breed wees.
10 Die res van die grond moet aan die mense wat vir My werk, gegee word. Dit moet ’n strook wees van twaalf en ’n half kilometer lank van oos na wes en vyf kilometer breed van noord na suid. Die huis van die Here staan in die middel hiervan.