1 “Mens, vat ’n skerp swaard en gebruik dit as ’n skeermes. Skeer jou hare en jou baard daarmee af. Gebruik dan ’n skaal om jou hare te weeg, en deel jou hare in drie hopies wat ewe veel weeg.
2 Vat dan een derde van die hare en plaas dit in die middel van jou kaart van Jerusalem wat op die baksteen geteken is. As die stad oorwin is, verbrand dan dié hare. Vat die tweede hopie hare en strooi dit oor die kaart uit. Terwyl jy dit uitstrooi, moet jy dit met jou swaard kap. En strooi die laaste hopie hare die wêreld vol. Net so gaan Ek my volk deur oorlog verstrooi.
3 Hou net ’n klein bietjie van die hare uit en bêre dit iewers in jou klere sodat dit nie kan wegraak nie.
4 Vat dan ’n paar van dié hare en gooi hulle in die vuur. Hulle moet verbrand word. Van daar af sal ’n vuur uitgaan en die mense wat van Israel oorgebly het, verteer en vernietig.”