4 Vat dan ’n paar van dié hare en gooi hulle in die vuur. Hulle moet verbrand word. Van daar af sal ’n vuur uitgaan en die mense wat van Israel oorgebly het, verteer en vernietig.”
5 So sê die Here, Esegiël se God: “Wat jy nou doen, wys wat met Jerusalem gaan gebeur. Ek het Jerusalem in die middel van die nasies geplaas. Ek het haar gekies as my liefling.
6 Maar Jerusalem het teen My in opstand gekom en nie gedoen wat Ek vir haar gesê het om te doen nie.
7 Sy was selfs nog slegter as die nasies wat rondom haar was. Sy het geweier om die wette na te kom wat Ek vir haar gegee het om te gehoorsaam.
8 Daarom,” sê die Here, Esegiël se God, “word Ek die Een wat teen jou gaan veg, Jerusalem. Ek self gaan jou straf, terwyl al die ander volke toekyk.
9 Ek gaan jou swaarder straf oor jou afskuwelike optrede as wat Ek enigeen nog ooit gestraf het of ooit weer sal straf.
10 Wanneer dit gebeur, sal ouers hulle eie kinders eet, en kinders sal hulle ouers eet. So erg sal die hongersnood wees. Selfs die paar mense wat die ramp oorleef, sal Ek straf deur hulle tot aan die uithoeke van die aarde te verstrooi, ver van hulle eie land af.