7 Toe vat die Here my na die voordeur van die huis van die Here toe. Ek sien toe dat daar ’n gat in die muur gemaak is.
8 Hy sê toe vir my: “Mens, breek daardie gat in die muur nog groter!” Toe ek die muur verder afbreek, sien ek dat daar ’n deur is wat na ’n versteekte ingang lei.
9 Toe sê God vir my: “Stap nou ’n bietjie deur daardie ingang en gaan kyk watter afskuwelike, slegte dinge die mense daarbinne aanvang!”
10 Ek het toe in die versteekte kamer ingekruip. Ek sien toe die mure is vol geverf van slange, akkedisse en ander reptielagtige diere. Ek sien toe dis afbeeldings van afgode wat skelm deur die volk Israel aanbid word.
11 Sewentig van Israel se leiers het daar in die versteekte kamer gestaan, met Jaäsanja, Safan se seun, tussen hulle. Elkeen van hierdie mense het wierook gebrand om die afgode te eer wat hulle aanbid het. Die hele kamer was sommer al donker van al die wierook.
12 Toe sê die Here vir my: “Mens, het jy gesien wat die leiers van Israel stilletjies in die donker doen, en hoe hulle ’n huis vir hulle eie afgode ingerig het? Hulle dink Ek sien hulle nie, al doen hulle dit in my huis. Hulle dink Ek is nie meer in die land nie.”
13 En toe sê die Here verder vir my: “Ek gaan jou dinge wys wat die volk doen wat selfs nog afskuweliker is as dit!”