1 Toe het ek die Here met ’n harde stem hoor roep: “Laat kom die manne wat Ek gekies het om die stad te straf! Sê vir hulle dat hulle hulle wapens moet saambring!”
2 Onmiddellik het ses manne van die buitenste hek van die huis van die Here, daar van die noordekant af nader gekom. Elkeen het baie gevaarlike wapens in sy hande gehad. Tussen hulle was daar nog een man wat klere aangehad het soos iemand wat in die huis van die Here diens doen. Hy het ’n pen en ’n boek by hom gehad. Al sewe van hulle het tot by die altaar gestap wat van brons was daar in die huis van die Here.
3 Toe het die Here Homself kom wys, dit was daar van agter die digte gordyn af wat in die huis van die Here is. Die Here het toe na sy huis se ingang gegaan. Die Here roep toe na die man wat in sy huis diens doen en wat die pen en boek by hom het.
4 Die Here sê toe vir hom: “Stap deur die strate van die stad. Maak met jou pen ’n merk op die voorkop van almal wat hartseer is en wat huil oor die sondes wat hulle heeldag rondom hulle sien.”
5 Toe hoor ek hoe die Here vir die ses ander manne sê: “Volg hierdie man soos hy deur die stad stap en maak elkeen dood wat nie deur hom op die voorkop gemerk word nie. Julle mag niemand oorslaan nie. Julle mag nie een jammer kry nie.