1 Hier is die nageslag van Noag se drie seuns, Sem, Gam en Jafet; almal wat ná die watervloed gebore is.
2 Jafet se kinders was Gomer, Magog, die Mediërs, die Grieke, Tubal, Mesek en Tiras.
3 Die nageslag van Gomer was Askenas, Rifat en Togarma.
4 Die nageslag van Jawan was Elisa, Tarsis, die Kittiërs en die Rodaners.
5 Uit hierdie nageslag van Jafet het al die seevolke ontstaan; elke volk met sy eie taal en kultuur asook sy eie mense.