10 Nimrod se magtige koninkryk het uit Babel, Erek, Akkad en Kalne bestaan, almal in Sinar geleë.
11 Uit hierdie volke het die Assiriese Ryk gegroei. Nimrod het ook Nineve, Regobot-Ir en Kalag gebou
12 asook Resen tussen Nineve en Kalag. Kalag was ’n groot stad.
13 Uit Egipte het die Ludeërs, Anammers, Lehabeërs en die Naftoagiete ontstaan.
14 Dan was daar ook nog die Patrosane en Kaslugiete asook die Kaftorane, uit wie die Filistyne ontstaan het.
15 Kanaän was die pa van Sidon, sy oudste seun, asook Het,
16 die Jebusiete, Amoriete, Girgasiete,