6 Gam se kinders was Kus, Egipte, Put en Kanaän.
7 Kus was die pa van Seba, Gawila, Sabta, Rama en Sabteka. Rama se kinders was Skeba en Dedan.
8 Kus was ook die pa van Nimrod, die eerste groot heerser op aarde.
9 Die Here het hom as ’n uitstekende jagter beskou. Vandag nog praat die mense van ’n goeie jagter as iemand soos Nimrod wat deur die Here as ’n uitstekende jagter gesien is.
10 Nimrod se magtige koninkryk het uit Babel, Erek, Akkad en Kalne bestaan, almal in Sinar geleë.
11 Uit hierdie volke het die Assiriese Ryk gegroei. Nimrod het ook Nineve, Regobot-Ir en Kalag gebou
12 asook Resen tussen Nineve en Kalag. Kalag was ’n groot stad.