1 Die hele wêreld het dieselfde taal gepraat.
2 Baie mense het ooswaarts begin trek en by ’n groot vallei in die land Sinear gekom. Hulle het besluit om daar te bly.
3 Op ’n dag sê hulle toe vir mekaar: “Kom ons maak stene en bak dit kliphard.” In plaas van groot steenklippe het hulle toe kleistene gemaak en in plaas van sement het hulle asfalt gebruik.
4 Toe sê hulle vir mekaar: “Kom ons bou vir onsself ’n stad met so ’n hoë toring dat die puntjie aan die hemel raak. Ons sal dan beroemd word en ook sterk wees. Doen ons dit nie, is dit klaarpraat met ons. Ons sal magteloos oor die hele wêreld rondswerf.” Hulle het toe begin bou.
5 Die Here moes egter afkom om die mense se stad en toring te kon sien.
6 En die Here het gesê: “Wat doen die mense tog? Hulle dink as hulle een volk met een taal is, sal alles vir hulle moontlik wees en sal hulle alles kan doen.
7 Ek gaan nou tot onder toe afdaal en hulle taal verwar. Hulle sal met mekaar praat, maar mekaar hoegenaamd nie verstaan nie.”