23 Na Nahor se geboorte het Serug nog 200 jaar geleef en nog seuns en dogters gehad.
24 Toe Nahor 29 was, is Tera gebore.
25 Na Tera se geboorte het Nahor nog 119 jaar geleef en ander seuns en dogters gehad.
26 Toe Tera 70 was, is sy seuns Abram, Nahor en Haran gebore.
27 So lyk Tera se afstammelinge. Tera het drie seuns, Abram, Nahor en Haran, gehad. Haran het ’n seun met die naam Lot gehad.
28 Aanvanklik het die familie in Ur van die Galdeërs gewoon. Daar het Haran gesterf. Hy is vroeg dood terwyl sy pa nog geleef het.
29 Abram is getroud en later is Nahor ook getroud: Abram met Sarai en Nahor met Milka. Milka was ’n dogter van Haran, wat ook nog ’n ander dogter gehad het met die naam Jiska.