28 Aanvanklik het die familie in Ur van die Galdeërs gewoon. Daar het Haran gesterf. Hy is vroeg dood terwyl sy pa nog geleef het.
29 Abram is getroud en later is Nahor ook getroud: Abram met Sarai en Nahor met Milka. Milka was ’n dogter van Haran, wat ook nog ’n ander dogter gehad het met die naam Jiska.
30 Abram en Sarai het nie kinders gehad nie, want Sarai was onvrugbaar.
31 Op ’n dag het Tera besluit om te trek. Hy het sy oudste seun, Abram, sy skoondogter, Sarai, sy kleinkind, Lot, en die res van die familie gevat en getrek. Hulle is sak en pak uit Ur van die Galdeërs weg en het in die rigting van Kanaän getrek. Op pad het hulle in Haran gekom en besluit om daar te bly.
32 Tera was 205 jaar oud toe hy die dag in Haran gesterf het.