6 En die Here het gesê: “Wat doen die mense tog? Hulle dink as hulle een volk met een taal is, sal alles vir hulle moontlik wees en sal hulle alles kan doen.
7 Ek gaan nou tot onder toe afdaal en hulle taal verwar. Hulle sal met mekaar praat, maar mekaar hoegenaamd nie verstaan nie.”
8 So het die Here hulle oor die hele wêreld verstrooi. Die mense het ook opgehou om verder aan die stad met die hoë toring te bou.
9 Dis hoekom hulle daardie plek Babel genoem het, want dit is waar die Here die mense verskillende tale laat praat het en hulle oor die hele aarde versprei het.
10 Hier is die nageslag van Sem. Toe Sem 100 was, is sy seun Arpaksad gebore, twee jaar ná die oorstroming.
11 Na Arpaksad se geboorte het Sem nog 500 jaar geleef en ook ander seuns en dogters gehad.
12 Toe Arpaksad 35 was, is Selag gebore.