8 Abram het vinnig gereageer: “Maar hoe weet ek dit, Here? Hoe weet ek dat alles eendag myne sal wees?”
9 Die Here het hom so geantwoord: “Bring vir My ’n vers, ’n bok en ’n skaapram, almal so drie jaar oud. En bring ook sommer ’n tortelduif en ’n jong duif saam.”
10 Abram het die diere bymekaargekry, hulle middeldeur gesny en die helftes teenoor mekaar gesit. Die voëls het hy egter nie deurgesny nie.
11 Die roofvoëls het later op die dooie diere neergesak. Abram moes hulle heeltyd wegjaag.
12 Teen sononder het Abram aan die slaap geraak. Alles rondom hom het donker geword en hy het baie diep geslaap.
13 In sy slaap het die Here toe vir hom gesê: “Abram, daar is iets wat jy moet weet. Jou kinders sal 400 jaar lank in ’n vreemde land woon en soos slawe moet werk.
14 Op ’n dag sal Ek egter die nasie straf wat jou kinders so sal laat swaarkry. Daarna sal Ek jou kinders met baie besittings uit daardie land laat trek.