2 Op die sewende dag was alles klaar. Al God se werk was afgehandel. Op die sewende dag het Hy toe gerus van al die werk wat Hy gedoen het.
3 God het toe dié dag geseën en gesê dit moet afgesonder wees van die ander ses dae. Op die sewende dag het God nie gewerk nie, Hy het van die vorige dae se werk gerus.
4 Dit is dan die verhaal van die hemel en die aarde en hoe dit ontstaan het.Die dag toe die Here God die aarde en die hemel gemaak het, was alles op aarde kurkdroog.
5 Daar was nie ’n enkele plant in die grond nie en ook geen bossies in die veld nie. Alles was droog, want die Here God het nog nie reën op die aarde gestuur nie en daar was ook nog geen mens om die aarde te bewerk nie.
6 ’n Mistigheid het later vanuit die dieptes van die aarde opgekom en die grond natgemaak.
7 Toe het die Here God van die aarde se bogrond gevat en ’n mens daarvan gemaak. Hy het ook sy asem in die mens se neusgate geblaas en die mens het begin leef.
8 Die Here God het toe ’n tuin in Eden, in die ooste, geplant en die mens daar laat bly.