1 Abraham het in die suidelike deel van die land rondgetrek en tussen Kades en Sur kamp opgeslaan. Terwyl hy in die omgewing van Gerar getrek het, het die mense hom oor sy vrou begin uitvra.
2 Abraham het toe gesê dat sy vrou Sara eintlik sy suster is. Abimelek, die koning van Gerar, het Sara gesien en manne gestuur om haar te gaan haal.
3 Die Here het egter in ’n droom vir Abimelek gesê: “Jy is so goed as dood oor die vrou wat jy gevat het, want sy is ’n ander man se vrou.”
4 Gelukkig het Abimelek nog nie aan Sara geraak nie. Daarom het hy vir die Here gesê: “Here, sal U regtig ’n onskuldige mens doodmaak? Abraham het self gesê dit is sy suster en ek het hom geglo.
5 Boonop sê sy ook dat Abraham haar broer is. Hoe moes ek dan nou geweet het? My bedoelings was goed en my gewete is skoon, maar hulle het my mislei.”