12 En, Meneer, sy is eintlik my suster. My pa is ook haar pa, maar ons het nie dieselfde ma nie.
13 Toe God my destyds geroep en my ver van my ouerhuis af laat weggaan het, het ek vir Sara saamgevat. En ek het haar gevra om oral waar ons kom te sê ek is haar broer. So sal sy wys dat sy my liefhet.”
14 Abimelek het toe ’n klomp skape en beeste gevat en vir Abraham gegee. Hy het ook van sy werkers, mans en vroue, saam met hom gestuur. Hy het ook vir Sara aan Abraham teruggegee.
15 Abimelek het vir Abraham gesê: “My land lê voor jou oop. Jy kan gaan net waar jy wil.”
16 Vir Sara het hy toe gesê: “Jy het niks verkeerds gedoen nie en almal weet dit nou. Ek het 1 000 silwerstukke vir jou broer gegee. Dit is ’n teken dat jy onskuldig is. Jy is nou vergoed hiervoor.”
17 Abraham het vir Abimelek gebid en dit het baie goed met hom en al sy mense gegaan. God het Abimelek heeltemal gesond gemaak en sy vrou, asook al die ander vroue, kon weer kinders in die wêreld bring.
18 Want toe Abimelek vir Sara gevat het, het die Here al die vroue in sy gebied skielik onvrugbaar gemaak, ter wille van Sara. Maar na Abraham se gebed was almal weer vrugbaar.