8 Vroeg die volgende oggend het Abimelek sy manne bymekaargeroep en hulle alles vertel. Almal was baie bang.
9 Later het Abimelek vir Abraham laat kom en woedend gevra: “Wat het jy gedoen? Wat het ek verkeerd gedoen dat jy so ’n groot sonde oor my en my mense gebring het? Jy kon ons almal vernietig het. Jy het my en my mense in die allergrootste verleentheid geplaas.
10 Waar het ek jou al ooit sleg behandel? Ag nee wat, Abraham, wat jy gedoen het, is verkeerd.”
11 Abraham het probeer verduidelik: “Ek was bang, Meneer, ek was bang. Ek het vir myself gesê dat hierdie plek se mense nie vir God ken nie en dat hulle my sommer oor my mooi vrou sal doodmaak.
12 En, Meneer, sy is eintlik my suster. My pa is ook haar pa, maar ons het nie dieselfde ma nie.
13 Toe God my destyds geroep en my ver van my ouerhuis af laat weggaan het, het ek vir Sara saamgevat. En ek het haar gevra om oral waar ons kom te sê ek is haar broer. So sal sy wys dat sy my liefhet.”
14 Abimelek het toe ’n klomp skape en beeste gevat en vir Abraham gegee. Hy het ook van sy werkers, mans en vroue, saam met hom gestuur. Hy het ook vir Sara aan Abraham teruggegee.