1 Sara, Abraham se vrou, het gesterf. Sy was 127 jaar oud.
2 Sy is in Kirjat-Arba dood. Dit was ’n plek in Kanaän wat tot vandag toe Hebron genoem word. Abraham was hartseer oor Sara se dood en het lank oor haar gehuil.
3 Toe het hy met die begrafnisreëlings begin. Hy is na die Hetiete toe en het vir hulle gesê:
4 “Menere, soos u weet, is ek maar ’n vreemdeling tussen u en besit ek geen grond nie. My vrou is dood en ek wil haar graag begrawe. Vandag vra ek u ’n stukkie grond vir ’n graf.”
5 Die Hetiete het toe vir Abraham gesê:
6 “Dit is goed so, Meneer. U is soos ’n prins van God tussen ons. U kan die beste grond kry. Ons wil almal hê dat u u vrou hier begrawe. Ons ken u en ons weet dat u naby aan God leef.”