16 Abraham het Efron se aanbod aanvaar. Hy het toe die hele bedrag in silwer voor Efron en die Hetiete afgetel en dit vir hom gegee. Almal was oortuig dat die transaksie wettig was.
17 So het Efron se landgoed in Magpela oos van Mamre Abraham se eiendom geword. Die land met die grot en al die bome in die gebied het nou aan Abraham behoort.
18 Alles het gebeur in die teenwoordigheid van al die Hetiete wat in die dorpsraad gedien het.
19 So het dit gebeur dat Abraham sy vrou Sara in die grot van Magpela digby Mamre in die land Kanaän kon begrawe het. Vandag nog word die plek Hebron genoem.
20 Die land het met grot en al van die Hetiete na Abraham oorgegaan. Hy het daarvan ’n begraafplaas gemaak.